Die Voorblad

A+ A A-

SELFBESKIKKING KONSTRUKTIEF DEEL VAN OPLOSSING

Die strewe na die selfstandigheid in al sy vorme en selfbeskikking van ‘n kultuurgemeenskap is legitiem en kan konstruktief bydra tot groei in Suid-Afrika, sê mnr Jaco Mulder, LPW en partyleier vir Gauteng. Mulder het gereageer op ‘n volblad artikel oor Kleinfontein en Orania in die Pretoria News van 21 Mei 2013 met die opskrif  “Pretoria’s own Orania exposed”.

 

 

Daar word telkens in die media negatief berig oor Afrikaner kultuurgemeenskappe wat daarna streef om ‘n groter mate van selfstandigheid te behaal terwyl Xhosa, Zoeloe en ander gemeenskappe die roede gespaar word. Die bestaan van ‘n ‘black lawyers forum” en BBBEE wat ‘n suiwer assosiasie is, word verdra terwyl ‘n kultuurassosiasie van ‘n groep as rassisties beskou word.

 

Die VF Plus bevorder die beginsel dat enige groep selfstandigheid kan nastreef en besonder die Afrikaner wat toenemend deur middel van rasgebaseerde regstellende aksie wetgewing van deelname aan die ekonomie ontneem word.

 

Sedert die ANC in 1994 aan bewind gekom het verloor Afrikaans toenemend sy status as onderrigtaal met verreikende gevolge.  Alle Afrikaansprekendes lei daaronder, nie net Afrikaners. As Afrikaners nie gemaklik voel met die afrikanisties-sosialistiese waardestelsel van die ANC of die liberaal-afrikanistiese stelsel van die DA, is dit onbillik om dit as rassisties te beskryf.

 

Afrikaners het tot nou ‘n reuse bydrae gelewer tot die ontwikkeling van Suid-Afrika en kan verder as ontwikkelingsgemeenskap bydra indien hul onbedreig as kultuurgemeenskap oor hul eie sake kan seggenskap behou.

 

Die VF Plus se affiliasie by UNPO (Unrepresented nations and people’s organisation www.unpo.org) lewer ‘n waardevolle bydrae om die Afrikaner se reg op selfbeskikking op die nasionale agenda te plaas. Die VF Plus het ook gedurende die grondwetskrywende proses van 1996, artikel 185 wat die regte van taal-, kultuur- en geloofsgemeenskappe beskerm en art 235 wat selfbeskikking bevorder, in die SA grondwet ingeskryf.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.