Die Voorblad

A+ A A-

Erkenning van Kleinfontein as kultuurgemeenskap

Die VF Plus het vandag die erkenning van die Kleinfontein nedersetting as kultuurgemeenskap deur die Gauteng Wetgewer verwelkom, sê Jaco Mulder, VF Plus LPW in Gauteng. Dit volg na ‘n omstrede ondersoek wat tydens November 2012 na die beweerde nie-toelating van die SAPD lede tot die perseel van Kleinfontein, vandag in verslagvorm voor die Wetgewer gedien het.

 

 

Mulder het die verslag as positief bestempel en gesê dat daar niks gekom het van die aanvanklike aggressie waarmee die portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid die ondersoek, wat ingevolge die Wet op Komitee-ondersoeke 8 van 2009 gemagtig is, aangepak het. Mulder wat deurgans ‘n lid van die ondersoekkomitee was, het verder gesê dat talle verkeerde persepsies oor Kleinfontein in die proses uitgeklaar is wat die tafel dek vir Kleinfontein om as kultuurgemeenskap binne die raamwerk van die Suid-Afrikaanse grondwet te kan voortbestaan.

 

Die VF Plus het tydens die grondwetskrywende proses van 1996 daarin kon slaag om artikel 185 en 235 in die Suid-Afrikaanse grondwet in te skryf wat ondermeer die regte van geloof-, taal- en kultuurgemeenskappe erken asook die reg op selfbeskikking. Die VF Plus is daartoe verbind om die reg tot selfbeskikking van volke en spesifiek van die Afrikaner te bevorder wat die voortgesette bestaan van ondermeer gemeenskappe soos Orania en Kleinfontein verseker. 

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.