Die Voorblad

A+ A A-

Stem teen 'n laekoste behuising projek in Midvaal

Tydens die 2016-munisipale verkiesing het die DA se Midvaal-burgermeester, Bongani Baloyi, belowe om laekoste behuisingontwikkelings in tradisionele gevestigde woongebiede toe te laat. Dit is nou ‘n realiteit.

 

 

Baloyi, in samewerking met die provinsiale departement van menslike nedersetting, beoog tans so ‘n ontwikkeling tussen Golfpark en Henley-on-Klip.

 

‘n Omgewingsimpakstudie oor die ontwikkeling word tans gedoen, maar die VF Plus het  nogtans besluit om die ontwikkeling teen te staan omdat  die geoormerkte grondgebied uit onstabiele dolomietgrond bestaan en volgens die VF Plus nie geskik is vir behuisingsontwikkeling nie.

 

Die  VF Plus nooi inwoners van Golfpark en Henley-on-Klip om saam met die party beswaar aan te teken teen die beoogde ontwikkeling deur die aanlyn-versoekskrif (www.gemeenskappe.co.za) te steun.

 

U stem is van groot belang in hierdie protesaksie.

 

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.