Die Voorblad

A+ A A-

VF Plus Koalisie steun begroting, maar met voorwaardes

Die Tshwane-metroraad begroting vir die 2018/19 finansiele jaar is nie gemik op korttermyn gewin nie, maar eerder op toekomstige volhoubaarheid. Die Koalisie vennote  het alles in hul vermoë gedoen om die tariewe so laag as moontlik te hou, en selfs tariewe laer gehou as deur Randwater en Nersa bepaal.

 

 

Die tariewe kan as volg opgesom word:

-          Eiendomsbelasting verhoog met 4% vir besighede en 6% vir alle ander kategoriee.

-          Vullisverwydering verhoog met 6%.

-          Elektriese tariewe verhoog met 6.84%, waar Nersa 7.32% voorstel.

-          Water tariewe verhoog met 10.5%, waar Randwater se tarief met 12.2% verhoog, en dus ‘n besparing vir inwoners verseker.

 

Die VF Plus het daarop gewys dat daar steeds meer gedoen kan word om tariewe te verminder in die toekoms, deur beter finansiele bestuur en interne kontroles.

 

Die kapitaal begroting van R 4mljard sal hoofsaaklik vir die volgende infrastruktuur projekte aangewend word:

-          Water en riolering: R475 miljoen.

-          Elektries: R982 miljoen.

-          Paaie en stormwater: R994 miljoen.

 

Die Koalisie sal voortgaan met sy strategie om die bates van die stad behoorlik te onderhou, deur R1,6 miljard daarvoor beskikbaar te stel, wat as ‘n rekord bedrag beskou word.

 

Die VF Plus wat die tweede grootste vennoot in die koalisie regering is, het die Burgermeester egter gewaarsku dat die streep nou getrek is, en dat geen verskonings meer aanvaar sal word nie.

 

Die VF Plus sal deur die openbare rekeningekomitee ‘n spesifieke fokus plaas op ongemagtigde uitgawes. Die komitee sal verder veral aandag gee om seker te mak dat die stad effektief bestuur word tot voordeel van ons inwoners. Die VF Plus het ook versoek dat daar ‘n beginsel besluit geneem moet word oor die Departement Gesondeheid waarvan die VF Plus se raadslid Sakkie du Plooy die LBK is. Die department het meer fondse nodig om sy belangrike werk te kan voorsit.

 

Die Koalisie het reeds goed gevorder met die stabilisering van die finansies, is daar steeds enorme werk wat gedoen moet word om ‘n positiewe ekonomiese klimaat te skep vir besigheid, sowel as dienslewering na die volgende vlak te neem.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.