Die Voorblad

A+ A A-

Esidimeni: Manamela wil ook nou vervolging ontduik

Die tweede bedanking van Makgabo Manamela, geskorste direkteur van die Gautengse departement van Gesondheid, skaars vier en twintig uur na die bedanking van die departementshoof, Barney Selebano, is ‘n bewys dat daar nou van die sinkende skip afgespring word om verdere vervolging te probeer vermy.

 

 

Die VF Plus het reeds gister dit baie duidelik gestel dat Selebano nie vervolging gaan vryspring nie. Manamela moet haar ook staal vir verdere vervolging. Die VF Plus sal toesien dat almal wat ‘n aandeel in die Esidimeni-tragedie het, vervolg sal word. Die Gautengse Premier, mnr David Makhura, moet nog Manamela se bedanking aanvaar en sal dit heelwaarskynlik goedkeur nadat hy gister reeds Selebano se bedanking aanvaar het. Dit beklemtoon die VF Plus se waarskuwing dat die Premier sake wil toesmeer as hy bedankings sou aanvaar. Dit sal ook beteken dat die VF Plus geen ander keuse het as om Premier Makhura ook te laat vervolg nie.

 

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr Philip van Staden, het in reaksie op die jongste gebeure gesê dat Manamela betrek was by die uitreiking van lisensies aan die onwettige nie-regeringsorganisasies om psigiatriese pasiënte te akkommodeer. Sy het ‘n lisensie aan Kalafong House uitgereik.

 

“Die VF Plus het die hoop uitgespreek dat die Premier nie bedankings sal aanvaar alvorens die arbitrasieverhoor verby is nie. Die Premier het wel nou Selebano se bedanking aanvaar en hy het hom nou ook oopgemaak vir verdere vervolging wat ons wel sal moet doen. Niks gaan die Premier nou keer om Manamela se bedanking ook te aanvaar nie. Die VF Plus is van mening dat hierdie beskuldigdes nou bedank om vervolging vry te spring. Dit gaan egter nie so maklik wees nie want vervolg sal hul verder vervolg word”.

 

Hierdie bedankings binne vier en twintig uur dek die tafel vir die voormalige LUR, Qedani Mahlangu, om nie op te daag vanaf London vir haar ondervraging by die verhoor met die hervatting later in Januarie nie. Die jongste gaan veroorsaak dat Mahlangu nooit gaan terugkeer nie en skotvry van hierdie misdade gaan wegstap.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.