Die Voorblad

A+ A A-

SEB KODES: VF REAGEER TEEN RASSE DISKRIMINASIE

Die Vryheidsfront Plus maak ernstig beswaar teen die voorgestelde SEB-kodes wat vereis dat welsynsorganisasies waaraan besighede skenkings maak, heeltemal swart moet wees alvorens dit sou kwalifiseer vir punte op die SEB-telkaart.

 

“Dit is niks anders as suiwer rassisme in die volle sin van die word en druis selfs in teen die ANC se eie beleid van demografiese verteenwoordigheid,” sê adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

 

“Die feit is dat daar talle welsynsorganisasies bestaan wat deur wittmense bestuur word en waar die meeste kinders, wat van ‘n gewisse dood in die strate gered word, eintlik swart is met slegs enkele wit kindes. Ek het self by ‘n besoek aan ‘n huis van veiligheid in Pretoria gesien dat meer as 90% van die kinders swart kinders is met een of twee wit kinders wat ook daar versorg word. Op watter regs- of morele grondslag kan hierdie welsynsorganisasie en die kinders ontneem word van hulp?” wou Alberts verder weet.

 

“Die VF Plus gaan daarom ‘n versoek aan die parlementêre portefeuljekomitee van handel en nywerheid rig, waarvan ek persoonlik ook ‘n lid is, om die saak met die minister te bespreek indien die voorgestelde SEB-kodes onveranderd gelaat word. Ons sal selfs, indien nodig, die saak na die Gelykheidshof verwys indien,” het Alberts gesê.

 

Die tyd breek nou aan vir SEB en regstellende aksie, wat net skade aanrig en sosiale kohesie verskraal, om van die politieke toneel in Suid-Afrika te verdwyn.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.