Die Voorblad

A+ A A-

Emfuleni voldoen al vir vyf jaar nie aan NERSA-regulasies nie

Die jarelange swak bestuur van die Emfuleni-munisipaliteit het nie net ‘n totale ineenstorting van infrastruktuur veroorsaak nie, maar vir die laaste vyf jaar het hy nie aan die voorgeskrewe NERSA-lisensie regulasies voldoen nie.

 

NERSA se voorwaardes bepaal onder meer die munisipaliteit moet 6% van sy totale jaarlikse elektrisiteitsverkope aan elektriese instandhouding bestee.

 

In Junie vanjaar het die Gautengse regering Emfuleni-munisipaliteit weens gebrekkige instandhouding  ingevolge Artikel 139(b) van die Grondwet onder semi-administrasie  geplaas.

 

Die munisipaliteit het ‘n kritiese tekort aan gekwalifiseerde tegniese personeel en in ‘n sprekende voorbeeld van Regstellende Aksie (RA) is ongekwalifiseerde en onbevoegde ambagslui in hul plek aangestel.

 

Die standaard opgraderingsplan ten opsigte van verouderde elektriese instandhouding van netwerke is ook nie nagekom nie. Vandalisme en verouderde sub-stasies lei tot gereelde kragonderbrekings en inwoners kom gereeld daarteen in opstand.

 

Die munisipaliteit se toepassing van die Geïntegreerde Ontwikkelings Plan (GOP) is ook nie in lyn met sy huidige begroting waarvoor daar reeds nie voldoende fondse is nie.

 

Swak finansiële beplanning kan die munisipaliteit se skuldlas vergroot en beurtkrag is onafwendbaar. Buiten dat daar nie geld  vir herstelwerk aan vervalle substasies is nie, kan die sukkelende elektriese netwerk beswaarlik die hoofstroom-elektrisiteit hanteer.

 

 

Dit is jammer dat die inwoners van Emfuleni nou die gevolge dra van ‘n munisipaliteit wat oor jare nie hul huis in orde kon hou nie.

 

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.