Die Voorblad

A+ A A-

Hoof van Nasionale Vervolging mag nie weer ‘n politieke aanstelling wees nie

Die aanstelling van die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet voortaan sonder enige politieke invloed of inmenging geskied om weer geloofwaardigheid in dié kantoor te vestig. Vandag se uitspraak van die Grondwethof oor die onwettigheid van adv. Shaun Abrahams se aanstelling as hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die berekende rol onderstreep wat oud-president Jacob Zuma in die aanstelling van Abrahams gespeel het.

 

 

Dit is daarom verblydend dat die Grondwethof opdrag gegee het dat die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag binne agtien maande gewysig met word aangesien sekere aspekte daarvan ongrondwetlik is.

 

Een verandering waarop die VF Plus sal aandring is dat die president nie meer enige rol sal speel in die aanstelling van die NVG-hoof nie.

 

Om enig verdere politieke inmenging in dié aanstelling te vermy, sal dit ook nie raadsaam wees om die parlement alleen met die taak te belas nie.

 

Die VF Plus is van mening dat ʼn onafhanklike komitee bestaande uit regskundiges in samewerking met die parlement aangewys moet word om die aanstelling te maak sodat daar geen twyfel kan bestaan oor die onafhanklikheid van die NVG en sy hoof nie.

 

Dit is ook van die grootste belang om so gou doenlik met die proses te begin aangesien die kantoor van die NVG lamgelê is deur die regstryd om sy hoof, soos die Grondwethof in sy uitspraak uitgewys het.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.