Die Voorblad

A+ A A-

Byna R3 miljard se water in Gauteng vermors

Die VF Plus het vandag met skok kennis geneem dat byna R3 miljard se water in die 2016/17 boekjaar deur munisipaliteite in Gauteng vermors is.

 

Die inligting is vervat in ʼn antwoord van die LUR vir plaaslike regering in Gauteng, mnr. Uhuru Moila, aan die hand van ‘n geskrewe vraag van die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, oor wat dit die belastingbetaler in dié provisie gekos het aan watervermorsing oor hierdie tydperk.

 

Watervermorsing deur munisipaliteite in Gauteng word veroorsaak deur diefstal en beskadiging van infrastruktuur, waterlekkasies, gebarste pype, reservoirs wat lek, geblokte rioolstelsels, swak instandhouding en ou infrastruktuur.

 

Alle munisipaliteite in Gauteng is groot watervermorsers en daar kan nie ‘n onderskeid getref word tussen skuldig en onskuldig nie. Die vermorsing van water per munisipaliteit sien as volg daarna uit:

 

  • Johannesburg-metro (Alexandra, Diepkloof, Diepsloot, Ennerdale, Johannesburg, Johannesburg South, Lawley, Lenasia, Lenasia South, Meadowlands East, Meadowlands West, Midrand, Orange Farm, Pimville, Randburg, Roodepoort, Sandton, Soweto): R1,093,400,000.00

           

  • Tshwane-metro (Akasia, Atteridgeville, Bronkhorstspruit, Centurion, Cullinan, Ekangala, Ga-Rankuwa, Garsfontein, Hammanskraal, Irene, Kudube, Mabopane, Mamelodi, Pretoria, Pretoria North, Rayton, Refilwe, Roodeplaat, Soshanguve, Temba, Winterveldt: R503,045,899.00

           

  • Stad Ekurhuleni (Alberton, Bedfordview, Benoni, Birchleigh, Boksburg, Brakpan, Clayville, Daveyton, Dunnottar, Edenvale, Geduld, Germiston, Katlehong, Kempton Park, Kwa-Thema, Machenzieville, Nigel, Olifantsfontein, Springs, Tembisa, Tokoza, Vosloorus, Vorsterkroon): R787,774,009.00

 

  • Emfuleni (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging): R220,549,675.00
  • Mogale City (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift): R87,736,629.42
  • Rand West (Randfontein, Westonaria): R51,854,325.00
  • Lesedi (Devon, Heidelberg, Nigel, Vischkuil): R1,544,106.00
  • Merafong City (Carletonville, Fochville, Wedela): R42,485,098.00
  • Midvaal (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina): R26,224,438.00

 

  • Totale bedrag                    :           R2,814,614,179.42

 

Die VF Plus is bekommerd oor die omvang van watervermorsing in Gauteng en is van mening dat indringende ingrypings deur munisipaliteite gedoen sal moet word om te voorkom dat Gauteng in die toekoms watertekorte gaan ervaar weens die vermorsing.

 

 

Die Gautengse regering sal meer druk op munisipaliteite moet plaas om toe te sien dat die onnodige vermorsing van water stopgesit word en dat infrastruktuur verbeter-, en in stand gehou word. 

 

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.