Die Voorblad

A+ A A-

VF Plus verwerp idee van Winnie op Kerkplein

Die VF Plus distansieer homself van die EFF  versoek dat die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein deur die  van Winnie Madikizela-Mandela vervang moet nie. ‘n Standbeeld van die voormalige presidentsvrou kan opgerig word, maar nie in die plek van pres Paul Kruger nie.

 

 

Die EFF se argument dat oudpres.Paul Kruger ‘n Apartheids ikoon was, is nie korrek nie. Die ware feite is dat Paul Kruger eerder ‘n vryheidstryder  teen Britse kolonialisme was. President Paul Kruger was  ‘n onselfsugtige persoon, wat sy eie ideale opsy  geskuif het, terwille van sy volk.

 

Hy het gestreef na vryheid vir sy mense gegrond op die vaste vertroue in die Skepper. Hy is nie ‘n persoon wat verguis behoort te word nie, maar eerder iemand wie se wysheid waardeer moet word. In Paul Kruger se eie woorde leer ons ware lesse – “Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop die toekoms.”

 

Die VF Plus sal met ‘n proses begin om die ware geskiedenis van pres. Paul Kruger se lewe bekend te maak, en sodoende bevestig hoekom Paul Kruger op Kerkplein hoort en moet bly. 

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.