Die Voorblad

A+ A A-

Nuwe debat nodig na Tumi Morake-debakel

Hierdie week se Tumi Morake-debakel van op Jacaranda FM wys op die noodsaak van dringende debatvoering oor geskiedenis, ras, kultuur en identiteit tussen die verskeidenheid van groepe en kulture in Suid-Afrika, sê Jaco Mulder, VF Plus-leier vir Gauteng.

 

 

Mulder sê die gesprek met die aktivis Johannes “Sloet” de Villiers van Amsterdam oor die boikotaksie van Steve Hofmeyr se konserttoere na die buiteland tydens Dinsdagoggend se geselsprogram, was ongetwyfeld ʼn resep vir ʼn rasseherrie. Hy sê Tumi Morake het gefouteer deur as mede-programaanbieder sekere luisteraars se humeure te laat opvlam met haar eie rasgegronde uitsprake.

 

“Die mense van Suid-Afrika moet self ʼn forum tot gesprek skep en nie verder toelaat dat geskiedenisboeke vir eie politieke propaganda en gewin herskryf word nie.  Elke tydstip in die geskiedenis behoort in die konteks van die tyd beoordeel te word en die verstaan en ervaring van elke groep moet gehoor word.

 

“Die VF Plus gaan Jacaranda FM en Tumi Morake nader om dié flater in ʼn gespreksgeleentheid tot ʼn beter toekoms te omskep,” sê Mulder.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.