Die Voorblad

A+ A A-

Kerk en mens moet hul stem dik maak teen korrupsie

Die VF Plus het ‘n dringende beroep op kerk-gemeenskappe gedoen om na vore te tree in die stryd teen korrupsie. Mnr. Jaco Mulder, VF Plus Gauteng leier, het Vrydag in Eldoradopark kerkleiers toegespreek en sê die kerk  verteenwoordig ‘n stel  skriftuurlike norme en waardes wat deur die geskiedenis al met groot vrug aangewend is.

 

 

“Die staat se onoortuigende toesmeerdery is net nog ‘n hupstoot en ‘n bedekte ‘ja’ vir die klimaat van korrupsie en bedrog wat in Suid-Afrika heers. ‘n Klimaat wat vanaf staatsweë nie geloofwaardig en ernstig bekamp word nie. Hierteen moet die kerk homself baie duidelik uitspreek.”

 

Hy het ook na gesê dit is kommerwekkend dat hoewel 80% of meer van die Suid-Afrikaanse bevolking gelowiges is, is korrupsie, bedrog en ander misdaad aan die orde van die dag. Korrupsie in Suid-Afrika is onaanvaarbaar, veral namate staatskaping toeneem en ontbloot word. Selfs die regering se pogings tot skadebeheer ten opsigte van die beeld van die president, bevat nie propaganda teen korrupsie nie.

 

“Die kerk se rol en verantwoordelikheid in politiek is eties en moet baie duidelik sigbaar wees. ‘n Sterk ‘nee’ is om vreesloos op te staan teen korrupsie en misdaad,” het hy gesê.

 

Mnr. Mulder het die podium gedeel met die adjunk ambassadeur van Israel, mev. Black, wie se toespraak gehandel het oor wat tans in Israel gebeur en die betrekkinge tussen die twee lande. Sowat 80 kerkleiers het die byeenkoms bygewoon.

 

foto: Mnr Jaco Mulder van die VF Plus en die Adjunk-Ambassadeur van Israel, mev Black, aan sy regterkant

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.