Die Voorblad

A+ A A-

VF Plus lê klag by Openbare Beskermer teen LUR

Die VF Plus en DA van Krugersdorp het vandag gesamentlik ‘n klag by die kantoor van die Openbare Beskermer ingedien teen die Gauteng LUR vir Samewerkende Regering, Paul Mashatile, sê Jaco Mulder, VF Plus leier, Gauteng. Die klag is gesamentlik onderteken en ingedien deur raadslede Amanda de Lange van die VF Plus en Michael Holenstein van die DA.

 

 

Die klag spruit voort uit die voortdurende manipulering van raadsreëls- en reglemente deur die ANC speaker, Patrick Lepudi, sedert die plaaslike regeringsverkiesing van Augustus 2016 en is ingedien ingevolge paragraaf 4(3) van die uitvoerende lede-wet op etiek (Wet 82 van 1998), hierby aangeheg. Mashatile het sy oorsigrol as LUR versuim deurdat hy klagtes hieroor herhaaldelik verontagsaam het.

 

Die DA, VF Plus en IVP gesteun deur die EFF gaan op 28 Junie 2017 die koalisie wat op onregmatige wyse deur die ANC speaker tot ‘n val gebring is herstel nadat Lepudi met ‘n mosie van wantroue, die koalisie op 31 Mei 2017 onttroon het.

 

Mnr Jaco Mulder  Gauteng leier van die VF Plus sȇ sy party sal alle remedies tot sy beskikking aanwend om reg te laat geskied aan die wil van die kiesers. Die meerderheid kiesers het in 2016 vir ‘n opposisieparty van hul keuse gestem en nie vir die ANC.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.