Die Voorblad

A+ A A-

Tshwane metro implementeer VF Plus se plan

Die Vryheidsfront Plus is verheug dat die Tshwane metro ‘n sonkrag-plan gaan implementeer wat deur die VF Plus voor die 2016-verkiesing voorgestel is, as deel van die VF Plus se verkiesingsveldtog. Die plan sal huishoudings met sonpanele in staat stel om ‘n inkomste uit sonkrag-opwekking te verdien deur oorskot krag aan die stad terug te verkoop.

 

 

Adv. Anton Alberts, Gautengse leier van die VF Plus, het dié voorstel verlede jaar gedoen tydens ʼn televisie-debat van burgemeesterskandidate op die ANN7-televisie kanaal kort voor die plaaslike verkiesing. Adv. Alberts was die VF Plus se burgemeesterskandidaat in Tshwane en Msimanga was ook deel van die debatsgroep.

 

“Die voorstel was om munisipale huise van sonpanele te voorsien sodat alle oorskot elektrisiteit aan die Tshwane-metroraad verkoop kan word, maar die idee was nie beperk tot arm huishoudings alleenlik nie. Huisbewoners word op dié wyse outomaties entrepreneurs en in die huidige ekonomiese toestand waar werkloosheid hoogty vier, kan daar groot verligting onder arm gesinne gebring word.

 

“Die VF Plus sal as deel van die Tshwane-koalisieregering werk dat die plan effektief geïmplementeer word. Die stad huisves baie arm mense en hierdie is ‘n geleentheid om maatskaplike en finansiële vooruitgang te help bewerkstellig vir veral arm huishoudings, maar ook om druk op die middelklas te verlig,” aldus adv. Alberts.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.