Die Voorblad

A+ A A-

Nommerplaat dalk vir R1 miljoen opgeveil

As jy die wettige eienaar wil wees van die gesogte nommerplaat SOWETO 1 GP, is daar net een manier om dit te kry – woon die veiling volgende week by en bring  R1 miljoen saam. Dié unieke nommerplaat wat die kopiereg op die naam insluit, sal tesame met ‘n 1950 Morris Minor 1000 onder die hammer kom. Daar word verwag dat die motor met sy nommerplaat die R1 miljoen merk sal haal.

 

 

Motorspesialis Jack Rosewitz het aan The Star gesê so ‘n private nommerplaat behoort gewoonlik aan die burgemeesters ampsmotor. Hy  meen sulke nommerplate is ‘n versamel stuk, veral in Engeland waar mense tussen 200 en 300 pond daarvoor sal opdok. In 2012 is die nommer F1 GP vir meer as ‘n R1 miljoen verkoop.

 

Rosewitz sê die nommer kan vir eienaars van  hotelle, restaurante, klubs en soortgelyke besighede ‘n groot aantrekkingskrag wees. Die Morris en die bykomende nommerplaat is drie jaar gelede in Benoni gekoop. Dit het aan Ganas Soobiah behoort. Hy was ‘n elektrisiën  wat vanaf 1070 tot 1990 in Soweto gewerk het.

 

Nog ‘n versamelstuk wat opgeveil gaan word, is ‘n Rolls-Royce Phantim 1 Tourer wie se waarde tussen R950 000 tot R1,6 miljoen geskat word. Daar is ook ander items soos skilderye, elektriese ghitare wat deur lede van die The Door groep geteken is.

 

Die veiling word op 25 en 26 November by die suid toring op Nelson Mandela plein in Sandton aangebied.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.