- Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
- Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
VF Plus verwerp idee van Winnie op Kerkplein
Geskryf deur Die Redaksie
Die VF Plus distansieer homself van die EFF versoek dat die Paul Kruger-standbeeld op Kerkplein deur die van Winnie Madikizela-Mandela vervang moet nie. ‘n Standbeeld van die voormalige presidentsvrou kan opgerig word, maar nie in die plek van pres Paul Kruger nie.
Die EFF se argument dat oudpres.Paul Kruger ‘n Apartheids ikoon was, is nie korrek nie. Die ware feite is dat Paul Kruger eerder ‘n vryheidstryder teen Britse kolonialisme was. President Paul Kruger was ‘n onselfsugtige persoon, wat sy eie ideale opsy geskuif het, terwille van sy volk.
Hy het gestreef na vryheid vir sy mense gegrond op die vaste vertroue in die Skepper. Hy is nie ‘n persoon wat verguis behoort te word nie, maar eerder iemand wie se wysheid waardeer moet word. In Paul Kruger se eie woorde leer ons ware lesse – “Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop die toekoms.”
Die VF Plus sal met ‘n proses begin om die ware geskiedenis van pres. Paul Kruger se lewe bekend te maak, en sodoende bevestig hoekom Paul Kruger op Kerkplein hoort en moet bly.