Die Voorblad

A+ A A-

EFF kleinlik oor huldeblyk aan prof. TT Cloete

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het vandag in die parlement beswaar aangeteken teen die Vryheidsfront Plus se mosie sonder kennisgewing oor die afsterwe van prof. TT Cloete. Al die ander politieke partye het die mosie gesteun. Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, wat die mosie ingedien het, het in sy mosie onder meer gesê prof. Cloete het as literator, kritikus, digter, dramaturg, prosaskrywer en psalmverwerker oor jare ʼn besondere reputasie in Suid-Afrika en internasionaal verwerf en dit is bevestig deur die wêreldwye reaksie na sy dood.

 

 

Dr. Mulder sê dit is skokkend en betreurenswaardig dat ʼn Suid-Afrikaner wat in sy lewe so uitgeblink het dat hy internasionaal erkenning kry na sy afsterwe, deur kleinlike politiek van die EFF, nie in sy geboorteland se parlement erken mag word nie.

 

“Hierdie optrede wys opnuut wie en wat die EFF werklik is, en die mate waartoe hulle nie bereid is om erkenning te gee aan dit wat in Afrikaans en deur die Afrikaner bereik is nie,” sê dr. Mulder.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.