Die Voorblad

A+ A A-

Maritz skenk speelgoed aan arm kinders

Marcelle Maritz, VF Plus se hooforganiseerder in Limpopo en kandidaat in die komende tussenverkiesing in Potgietersrus (wyk 32), het haar hand uitgesteek na behoeftige kinders en ʼn groot klomp speelgoed en klere aan die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie op die dorp geskenk.

 

 

Me. Maritz is tans besig om hard te werk in Potgietersrus ter voorbereiding van die verkiesing op 18 November 2015. Sy het veral ʼn sagte plek vir kinders en diere en is bekend dat sy haar gemeenskap intensief ken en dien. Sy het die gemeenskap aangemoedig om deel te neem aan die landwye aktivisme veldtog teen kindergeweld wat op 25 November 2015 begin en op 10 Desember 2015 ten einde loop.

 

Die 16 dae van aktivisme teen kinder- en gesinsgeweld word deur die nasionale departement van maatskaplike ontwikkeling bestuur. Verskeie regeringsdepartemente en organisasies is deel van die veldtog wat veral by skole aangebied word.

 

Mev. Teretha Jannasch, kantoorhoof en senior maatskaplike beampte van die SAVF, het Maritz vir haar ruimhartigheid bedank en was veral opgewonde oor die babaklere. “Die behoefte is groot en ons is dankbaar vir elke skenking.”

 

Foto: Chané Bekker, Teretha Jannasch, Marcelle Maritz, Conrad Prinsloo, Jennifer Rautenbach en Jela Kekana maatskaplike werker.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.