Die Voorblad

A+ A A-

VF Plus kuier by Woodside

Dit is verblydend dat soveel mense  omgee vir diegene wat nie hulself kan versorg nie, sê Marga Kruger-Alberts, skakelbeampte van VF Plus leier, dr. Pieter Mulder. Kruger-Alberts het vandeesweek die Woodside-kinderhawe vir erg verstandelik gestremdes in Cottesloe besoek.  Saam met haar was Carmen Margro, gemeenskapsleier en motiveringspreker van Newclare. Die besoek is deel van Kruger-Alberts se projekte om vroue van Suid-Afrika te help uitreik na behoeftiges om so ‘n verskil te maak asook mense meer bewus te maak van gemeenskappe in nood.

 

 

“Die Woodside-hawe is ‘n inspirasie vir elke persoon wat hier besoek aflê.  Die hawe is in 1955 deur ‘n paar ouers begin wat hul kinders in ‘n tuiste wou laat versorg wat soos ‘n huis voel.  ‘n Paar van die aanvanklike kinders woon vandag nog hier.  Baie se ouers is reeds oorlede.  Intussen word daar nie meer klein kinders ingeneem nie, maar die inwoners verg steeds intense versorging en terapie.

 

“Wanneer jy hier instap, hoor jy mense lag en hier en daar is ‘n meer uitbundige gil.  Die sukses van so ‘n onderneming is te danke aan die toewyding van die personeel en bestuur. Dit kos bykans R10 000 om ‘n gestremde per maand te versorg.  Baie ouers kan dit nie bekostig nie en addisionele fondse moet gevind word,” het sy gesê.

 

Carmen Margro wat ‘n bekende gesig tussen die inwoners van Woodside is, sê dit is verblydend dat die VF Plus vroue die huis besoek en ook ‘n skenking gemaak het.  “Hier is bepaalde behoeftes wat aangespreek kan word.”

 

Kruger-Alberts het die gemeenskap van Cottesloe, Auckland Park en  Melville aangemoedig om betrokke te raak by Woodside.  “Die inwoners het die gemeenskap nodig, al is dit net ‘n vriendelike besoek. Mense wat meer wil weet en wil help, kan gerus mev. Kruger-Alberts by 076 520 3033 skakel.

 

Foto: Marga Kruger-Alberts en Carmen Margro van die VF Plus het vandeesweek die Woodside kinderhawe vir erg verstandelike gestremdes besoek. Hulle het ook grootmaat skoonmaakmiddels saamgeneem.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.