Die Voorblad

A+ A A-

Plaasaanvalle - ‘n groeiende tragedie

Plaasaanvalle in die Sedibeng-distrik is weer eens ‘n bewys dat mense moreel ongesond is en boonop word boosdoeners deur politici aangevuur om boere in die omgewing van hul plase af te dwing en dié gemeenskap so te ontsenu.  Dit is die mening van rdl. Kobus Hoffman, VF Plus raadslid in die Sedibeng-munisipaliteit.

 

 

“Ons kan nie meer staan en kyk hoe sulke aanvalle plaasvind nie. Elke keer as ‘n boer of sy plaaswerkers aangeval of vermoor word, word minder voedsel geproduseer. Die brutaliteit waarin plaasmoorde plaasvind, word sterk veroordeel. Die tyd is hier dat mense opstaan en leiers tot verantwoording roep.

 

“Die polisiediens slaag ook nie in sy doelwit om landelike gebiede te beveilig nie. In baie gevalle word moordenaars as helde in tronke ontvang. Die VF Plus kan nie langer staan en toekyk hoe misdaad groei en onskuldige mense doodgemaak of ernstig beseer word nie. Dit wil voorkom asof die lewe van boere en hul werkers vir leiers onbelangrik geword het,” het hy gesê.

 

Statistiek bewys dat elke vierde dag ‘n plaasaanval in Suid-Afrika plaasvind. Verlede jaar is 70 boere in 345 plaasaanvalle vermoor. Die landbousektor voorsien werk aan byna ‘n miljoen mense en plaasmoorde kan stabiliteit in die arbeidsmark en ekonomiese ontwikkeling negatief beïnvloed.

 

Die VF Plus in Sedibeng het ook ‘n beroep op inwoners gedoen om die kantore van die VF Plus te skakel indien hulle sukkel om met plaaslike owerhede in verbinding te tree.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.